Nabana Herberg

Kliek hier om jou besigheid met ons te lys
Nabana Herberg



Kontakbesonderhede

Kontak persoon
Magda
Selfoon Nommer
+27 83 268 5395
Landlyn
+27 87 808 5758
Adres
Op die R40 tussen Witrivier en Hazyview, 12 Km vanuit Hazyview in die rigting Witrivier
GPS
25° 5’ 59.64” S 31° 4’ 8.83” E


Slegs 22 km vanaf Numbi hek en 23 Km vanaf Phabeni hek en gelee tussen piesangplantasies, bied Nabana Gastehuis naby Hazyview bekostigbare akkommodasie vanwaar  die Krugerwildtuin besoek kan word.

Gemaklik en beskeie, maar nogtans 3 ster geakkrediteer, is Nabana Gastehuis se kamers almal en-suite met 'n klein dek / stoepie vanwaar die pragtige uitsig  oor die Laeveld na die ooste geniet kan word.

DSTV, 'n dakwaaier, klein kluis, 'en n mikrogolfoond is standaard in al die kamers. Beddens is voorsien van kwaliteit matrasse, kussings en goeie gehalte linne. Ekstra komberse word verskaf vir koel nagte (en 'n warm water bottel vir daardie knus ekstra gemak).

Agt kamers is beskikbaar. Behalwe een kamer wat 'n dubbelbed het, het al die kamers twee enkel beddens, tewyl nog twee omgeskakel kan word na dubbelbeddens. Twee van die eenhede het tussen deure wat maklike toegang tot kinders moontlik maak. Kamer geriewe soos gebottelde water, koffie, tee en muskietlampies word voorsien, sowel as beperkte breekware en eetgerei. Die kamers is toeganklik vanaf oop wandelpaaie en parkering is beskikbaar by jou kamer.

Badkamers het 'n stort in die bad en handdoeke, seep en sjampoe word voorsien. Ekstras soos 'n haardroër en strykyster is beskikbaar op aanvraag.

Wild Thyme restaurant op die perseel is Maandag tot Saterdag oop vanaf 07h00 en die kombuis sluit om 20h00. Die eienaar van die restaurant, Paul Shepheard, is n Brits opgeleide kok en etes is uitsonderlik maar nogtans bekostigbaar. Braaifasiliteite is beskikbaar indien gaste self n vleisie op die vuur wil braai en bykosse kan by die restaurant bestel word. Die Sportman’s pub is waar gaste en plaaslike inwoners saam kuier en die dag se gebeure deel met n yskoue drankie in die gesellige kroeg atmosfeer. Gratis wI fi is beskikbaar in die restaurant en openbare sitkamer.

Die groot tuine het n tropiese atmosfeer en n sprankelende swembad is beskikbaar vir warm somersdae. Ons is baie lief vir kinders, en daar word spesiaal vir hulle voorsiening gemaak met n veilige speelterein en n spyskaart vir kinders.

Nabana Gastehuis streef daarna om jou te voorsien van 'n huislike, warm en verwelkomende omgewing, teen 'n prys wat geskik vir die Suid-Afrikaanse Rand.








Terug Terug na bo