Nuusbrief/Blog


2018-05-27
Noordelike deel van die Krugerwildtuin


Die noordelike deel van die Krugerwildtuin is dalk die wildtuin se bes bewaarde geheim.

Vanoggend se blog inskrywing was geinspireer deur 'n foto van my broer Koos Marais wat hy op Facebook gedeel het. Hulle hou tans vakansie in Botswana.

Die foto is van die baie skaars Pels Visuil.

Foto : Pels Visuil deur Koos Marais

Koos vertel sy kamera se stellings was as volg:

1250 sek, f2. 8, iso 1400, 400m 0.0 ev

Hierdie Visuil is baie skaars om te sien en ook nog skaarser om af te neem. Dit is spesies soos hierdie wat aan die Noordelike Krugerwildtuin sy besonderse bekoring gee. Blykbaar staan mens 'n goeie kans om die uile te sien in die Balule / Olifantsgebied sowel as die verre noordelike deel van die Krugerwildtuin by Pafuri.

Nog 'n baie mooi foto . Hierdie keer die van 'n Eland wat net noord van Mopani Ruskamp in die Krugerwildtuin deur Private Kruger Safaris afgeneem is.

'n Alternatiewe akkommodasie opsie om te oorweeg net buite die Pafuri Hek is Pafuri Rivierkamp .

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 0 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo