Nuusbrief/Blog


2020-02-06
Krugerwildtuin Trou Venue (Malelane)


Indien jy droom van 'n troue by die Krugerwildtuin is Krokodil Lapa trou venue teenaan die Krokodilrivier dalk die ideale venue vir jou troue. (Kruger view venue) Alhoewel nie binne die Krugerwildtuin nie kyk hierdie trou venue met sy netjiese tuine uit oor die Krokodilrivier.

Die Lapa het 'n kroeg en kombuis vir die gebruik van troues en funksies.

Daar is twee groot inloop koelkamers (een vir die kroeg en een vir die kombuis) 4 vrieskaste, 'n 5-plaat elektriese stoof en yskaste in die kroeg.

Daar is 10 ronde tafels waar 10 gaste per tafel kan sit, 15 reghoekige staal tafels waar 6 mense per tafel  kan sit, en 150 plastiek stoele.

In die totale prys van die lapa word 'n wittebrood chalet ook ingesluit net 'n paar meter van die lapa af, wat uitkyk in die wildtuin in.

By die Lapa is daar ook 'n uitkyk punt op die wildtuin en rivier.

Spyseniering is ook beskikbaar teen ekstra koste .

Vir besprekings en navrae:

082 820 1776 – Annatjie of Danel – 083 303 8186

info@barnstormersrest.co.za



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 5 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo