Nuusbrief/Blog


2015-11-21
Krugerwildtuin roete : Vanaf Krokodilbrug


Die Krugerwildtuin het baie roetes wat mens kan ry. Hierdie voorgestelde roete begin en eindig by Krokodilbrug Hek. Die Krokodilbrug hek is maar 17 kilometer van plekke soos Marloth Park en Ngwenya Lodge sowel as Komatipoort. Hierdie voorgestelde roete is dus ook ideaal vir mense wat by hierdie plekke oorslaap en die wildtuin as dagbesoekers besoek. Dit is ook die rede vir die somtyds druk verkeer naby Krokodilbrug as dit kom by toemaak tyd. 

Sirkel Roete op die S108 en H5 (Begin en Eindig by Krokodilbrug)

Hierdie roete behoort tussen 2,5 en 3 ure te neem om te reis. Die roete is aan my gewys deur een van die Krugerwildtuin se plaaslike reisgidse wat mense in oop voertuie laat middag, vroeg oggend of snags op georganiseerde ritte neem. Hierdie ritte kan ook onderneem word selfs al bly mens nie in Krokodilbrug kamp nie aangesien die Krokodilbrug kamp by Krokodilbrug hek geleë is. Die ritte is besonders interessant en tydens jou rit sal jy baie interessanthede leer. Die Krugewrildtuin bied soveel meer as die Groot 5!

Vanaf Krodkodilbrug reis mens noordwaarts op die pad na Onder Sabie, die H4 2.

Na 2km draai mens links op die S25. Jy sal nou in die rigting van Malelane reis. Die veld in hierdie omgewing is baie soet en dus ryk aan wildslewe.

Foto bo: Soet gras van die omgewing. Sien jy die Witrenoster?

Diere om voor op die uitkyk te wees sluit in Vlakvark, Bouwildebeeste, Leeus, Jagluiperds, Luiperds, Renosters, Kameelperde en Rooibokke.

Jagluiperds verkies gewoonlike meer verlate plekke waar hulle nie deur Hïenas en Leeus lastig geval sal word nie maar hulle kom wel hier voor. 'n Moontlike verklaring kan wees dat hier so baie wild is dat die Leeus en ander roofdiere verkies om bedags te slaap en snags te jag.

'n Mens moet ook in gedagte hou dat hierdie diere soos die Jagluiperd groot gebiede het waarin hulle rondbeweeg en dat hulle net soms as dit nodig is in 'n area sal inbeweeg waar daar wel die kans is dat hul prooi deur Leeus of Hïenas afgeneem kan word.

Hier is 'n video van 'n jagluiperd wat ek afgeneem het in hierdie omgewing:

Hier is 'n video van 'n Bobbejaan wat so bietjie aapstreke uithaal wanneer die leier van die trop weg is. Jammer vir die bewerige kwaliteit van die video. Die jong Bobbejaan mannetjie wat duidelik nog nie die trop se leier is nie se hormone het hom so bietjie gepla. Dit was eintlik 'n snaakse oomblik. Die Krugerwildtuin bied talle sulke geleenthede om sulke interessante dinge te beleef. 

Net na 'n laagwater bruggie draai mens regs op die S108. Die omgewing hier is boomryk en Kameelperde word dikwels hier gesien. Mens draai dan weer regs op die H5 waar die S108 en die H5 ontmoet

Die H5 in die rigting van Krokodilbrug:

(Die video word geplaas om mense 'n idee te gee van hoe lyk die H5.)

 

Foto bo: Waar die H5 en die H4-2 ontmoet is die reis terug na Krokodilbrug nog 14 Kilometer. Daar is gelukkig gereeld in die Krugerwildtuin afstandlesings vir die wie nie 'n GPS het nie. Soms sien mens iets baie interessant en dan leer jy om mooi Kilometee per uur somme te maak anders gaan jy ander somme maak en dit is hoe om jou begroting te laap klop na jy die boete betaal het. Of die spoedboete of die boete vir laat in die kamp aankom.

As jy regtig moeilikheid gehad het soos 'n pap band of 'n trop Olifante in die pad kan mens dit dalk verduidelik. Wees asseblief liewers meer versigtig. Dit is hartseer om dooie diere langs die pad te sien wat deur karre raak gery is.



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 4 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo