Nuusbrief/Blog


2019-07-25
Goedkoopste Akkommodasie : Huur 'n Karavaan in die wildtuin


Indien u op soek is na die goedkoopste akkommodasie in die Krugerwildtuin oorweeg gerus om 'n Karavaan te huur vanaf Weltevreden Lodge in Marloth Park teenaan die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Met Krokodilbrug ingangshek slegs 17 km vanaf Marlothpark is Marlothpark die ideale basis om die Krugerwildtuin te besoek.

Foto : Karavaan word vir jou verniet opgeslaan in of Henk van Rooyen Karavaan Park of in Marlothi Safari Park.

Die Karavaan wat jy huur, se huur sluit in die gratis opslaan daarvan binne in een van die twee kampeer plekke binne Marloth park. Teen 'n ekstra koste kan die Karavaan vir jou gesleep word na die dorp Komtipoort of binne die wildtuin na die kampplekke van Berg en Dal, Krokodilbrug, Onder Sabie of Skukuza. U word nie toegelaat om die Karavane self verder te sleep ten einde risiko te verminder.

Die kampfooie en ander toegangsfooie is nie ingesluit in die prys vir die Karavane nie.

Pryse is onderhewig aan verhoging soos die tyd aanstap, sonder vooraf kennisgewing.

Ten tye van die skryf van hierdie artikel is die pryse as volg:

  • Die Savuti Waentjie met tent (vir 2 mense) is R250 per nag
  • Sprite (vir familie 4) R350
  • Gypsey (vir 6 - 4 in karavan en 2 in side room) is R400 per nag.

By Henk Van Rooyen kampeer mens op die Krokodilrivier. Hierdie is een van die bes bewaarde geheime van Kruger. 'n Mens moet wel 17 km ry na die ingang van die wildtuin by Krokodilbrug maar daar is paaie binne marloth Park waar mens teenaan die wildtuin kan ry of loop of fietsry. Pasop net na skemer vir die leeus en luiperds wat maklik in en uit die wildtuin beweeg deur onderdeur die grensheining te kruip!

Vir besprekings kontak Weltevrede Lodge gerus by:

http://weltevredelodge.co.za/

+ 27 61 533 0712 

info@weltevredelodge.co.za

 

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
Anoniem
2021-02-27 15:54:10  
Dit kan net lekker wees  
 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 5 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo