Nuusbrief/Blog


2018-08-18
Gholf in en rondom die Krugerwildtuin


Die Krugerwildtuin word meer geassosieer met die groot 5 as met gholf. Maar kom ons gesels oor die Groot 5 as dit kom by gholfbane in en rondom die Krugerwildtuin.

Mens sal onmiddelik wil dink aan Skukuza Gholfklub binne die Krugerwildtuin.

Dan is daar natuurlik ook die baie eksklusiewe Leopard Creek in Malelane.

Wat is die ander gunsteling Gholfbane om te oorweeg indien gholf deel uitmaak van jou idee van 'n Krugerwildtuin vakansie?

Ek persoonlik het al gholf gespeel op Hans Mersensky in Phalaborwa sowel as die Nelspruit Gholfklub of Mbombela Golf Club soos hy vandag bekend staan.

Kambaku in Komatipoort tel onder die top 10 van Suid-Afrika se 9 putjie gholfbane.

O gits ek het klaar moeilikheid. Nog 'n gerekende gholfbaan in Hazyview is by die Sabie River Sun. Nou is daar 6 bane wat ek moet insluit! En ek het ook vergeet van Malelane Gholfklub. 7 bane! Dit kan enige man se vakansie baie duur maak maar ook o so lekker as gholf jou ding is.

My volgende geskeduleerde besoek aan die Krugerwildtuin is eers volgende jaar Junie 2019. Miskien help my navorsing my om dalk 'n rondte of drie by een van hierdie bane in te pas.



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 2 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo