Nuusbrief/Blog


2015-11-20
Die Luiperd - Mooiste van die groot 5?


Die Luiperd moet seker die mooiste dier wees van die Groot 5. Vir die wie nog nie weet nie die groot 5 verwys na 'n term toegedig aan die 5 diere wat die gevaarlikste is om te jag en dit is die : Luiperd, Leeu,Olifant,Buffel en Renoster. Die dier wat die meeste mense in Afrika doodmaak is egter die Seekoei. Aangesien die Seekoei na water vlug wanneer dit geskiet word haal die Seekoei egter nie die lys van die top 5 nie.

Maak nie saak hoeveel maal gepreek word dat daar baie meer is om te sien as die groot 5 in die Krugerwildtuin nie, wil almal dog ook graag die groot 5 sien tydens hul besoek aan Kruger. My ervaring oortuig my dat as jy 'n Luiperd te siene kry dan is die kanse goed dat jy daardie selfde dag die res van die groot vyf sal sien.

Hierdie pragtige foto van 'n Luiperd is geneem deur my broer Eduard Marais. Mens sal beswaarlik 'n mooier foto kry van 'n Luiperd. Ek moet bieg die foto is geneem in Botswana en nie die Krugerwildtuin nie.

Hier is 'n foto van 'n Luiperd wat 'n baba vlakvarkie gevang het. Foto deur my ander broer Dr Koos Marais.

Nog 'n foto van 'n Luiperd deur Dr Koos Marais waar dei Luiperd sy prooi, 'n rooibok hoog in 'n boom opgedra het sodat hy onverstoord verder kan eet sonder om bekommerd te wees oor Hïenas of Leeus. Dit is een van die geheime om 'n Luiperd raak te sien in die Krugerwildtuin. Hulle slaap dikwels in die dag in bome en soms sal dit net die flik van 'n stert wees wat jou aandag op 'n Luiperd sal vestig. Ek is al baie moeg gekyk na bome in die Krugerwildtuin op soek na die Luiperd. Van die Luiperds in die Krugerwildtuin is baie gewoond aan Karre maar ek het ookal 'n luiperd raakgesien op sowat 250 meter wat rustig in 'n boom gerus het. Toe ek stop om die luiperd te besigtig het die dit dadelik opgemerk en laat spaander. Hulle moet uitstekende sig hê.

Foto deur Arno Pietersen van Private Kruger Safaris

Hierdie foto toon duidelik watter kragtige dier die Luiperd is.

Hierdie is beslis nie 'n Luiperd nie maar 'n Jagluiperd.

Die mees opmerklike verskille tussen 'n luiperd en en 'n Jagluiperd is die volgende:

Jagluiperds maak staat op hul spoed en verkies oop vlaktes. Hul vermy areas waar daar te veel kompetisie is van Leeus en Hïenas. Hul naels is nie instaat om terug te trek soos die van die Luiperd nie. Hulle sal dikwels op miershope en omgevalde bome klim om 'n beter uitsig van die omgewing te bekom. Jagluiperds jag meesal in die dag waar Luiperds meesal snags jag. Luiperds maak staat op hul krag en hul vermoë om diere tot naby te bekruip waar Jagluipers op hul spoed staatmaak. Die verskil is ook duidelik te sien in die liggaamsbou van die diere. Die een is sterk en kragtig terwyl die ander slank en vinnig is met 'n lang stert vir balans wanneer prooi op spoed gejaag word.

'n Ander opmerklike verskil is die rosette op Luiperds teenoor die kolle op Jagluiperds.

Daar is nog plek plek in Namibië en in 'n minder mate in Noord Transvaal waar Jagluiperds nog vry rondloop.

Luiperds daarenteen kom orals oor in Suid Afrika voor waar daar beskikbare prooi is. Dit is die luiperd se vermoë om aan te pas by omstandighede wat maak dat hy so 'n suksesvolle kat is.

Ek dink dit is 'n mite dat Luiperds se gunsteling prooi Bobbejane is. Luiperds is dalk snags in staat op 'n Bobbejaan te vang maar bedags is die bordjies verhang want Bobbejane het groot slagtande en kan baie skade aanrig. Luiperds eet van insekte tot selfs groot bokke. Dis die Luiperd se aanpasbaarheid wat hom so suksesvol maak.

Selfs in die Weskaap kom daar Luiperds voor. Hier is 'n skakel met nog meer inligting oor die Kaapse luiperd wat baie interessant is. Luiperds van die Weskaap

In 'n dorpie soos Bettiesbaai is die vermoede sterk dat 'n Luiperd te blameer is vir honde wat gereeld daar wegraak.

Luiperds is waarskynlik die roofdier wat die meeste voor opgepas moet word as mens snags in die wildtuin binne 'n kamp rondloop. Dit is darem net oud en siek diere wat as laaste toevlug die kans sal vat om 'n mens aan te val. Mense is al doodgemaak deur Luiperds in die Krugerwildtuin. 'n Mens moet maar versig bly al is jy binne 'n kamp in die Wildtuin. Dis 'n geval van liewer bang Jan as dooie Jan.

Hier is 'n skale na 'n artikel in die Lowvelder oor die mees onlangse voorval waar iemand deur 'n siek luiperd binne die Krugerwildtuin aangeval is. Lowvelder artikel.

Hier onder is 'n video wat wys hoe 'n Luiperd in Indië in 'n woonstel gebou instap en 'n hond vang en doodmaak.

Meer aanpasbaar kry mens nie onder roofdiere nie!

En hier is 'n video waar 'n Luiperd die geveg teen 'n Ystervark wen:

Lewer gerus kommentaar en gesels saam. Watter ander interessante feit van die Luiperd mis ek?



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
Sarie
2021-03-13 13:14:01  
Nice  
 
Chris
2016-03-05 20:25:59  
Dit was baie goeie gedult en jy het mooi ge **** us op die geveg ,,baie geluk ,, jy mis niks by die luiperd nie en jy het mooi weg beweeg om hom sy spasie te gee om te kon klaar jag ,, Groete Chris  
 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 0 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo