Akkommodasie in Letaba wissel van luukse selfsorg-gastehuise, selfsorg-rondawels en kampplekke vir tente of karavane:

Kampplekke
60 x tent- of karavaanstaanplekke met kragpunte. Gemeenskaplike ablusie- en kookgeriewe. (24-uur kookwater, elektriese plaatstowe en opwasbakke) Maksimum 6 persone per staanplek.

Hutte
5 x aardse 3-bed eenhede met gemeenskaplike ablusiegeriewe. Daar is geen kookgereedskap, breekware of eetgerei in die hutte nie, maar 'n gemeenskaplike kombuis (geleë op die ou piekniekplek) met wasbak. Elektriese plaatstowe is ook beskikbaar. Hutte is toegerus met 'n yskas, waaier en lugversorger. Bevestig asseblief tydens jou bespreking indien jy graag ’n rivieruitsig wil hê.

Safari-tente
10 x 2-bed en 10 x 4-bed gemeubileerde seiltente op stelte met 'n yskas, staanwaaier en klein stoepie. Gemeenskaplike ablusiegeriewe en kombuise.

Rondawels
86 x ronde enkel-kamer Afrika-styl-eenhede met grasdakke, twee of drie beddens per eenheid, toegerus met ablusiegeriewe en-suite (meeste met storte, maar sommige met bad). Alle eenhede het lugversorging, sommige het waaiers. Kombuisies wissel: party het plaatstowe en wasbakke; ander net wasbakke, terwyl sekeres nie een van voorgenoemde het nie. Eetgerei en breekware kan gehuur word vanaf ontvangs. Bevestig asseblief tydens jou bespreking of jy graag ’n rivieruitsig wil hê.

Gastehuisies
10 x 6-bed eenhede (twee enkelbeddens in elke slaapkamer), toegerus met twee badkamers (een en-suite), lugversorging (net in die slaapkamers), sit /eetkamer (met dakwaaier), groot stoep en buitebraai. Die oopplan-kombuis het 'n vierplaat-gasstoof met oond, daar is ’n ys-/vrieskas, wasbak, kookgerei, breekware en eetgerei plus ’n sessitplek-eet/sitkamer.

Gastehuise
Daar is groot luukse gastehuise in Letaba met uitstekende liggings asook ’n rivier-uitsig. Die huise het goed toegeruste kombuise (met mikrogolfoonde) en verskeie slaapkamers en badkamers. Daar is ook televisie met beperkte DSTV-kanale.

Melville: Slaap nege in vier slaapkamers (twee enkelbeddens per kamer) en 'n addisionele enkelbed op die toe stoep.
Fish Eagle: Slaap agt in vier slaapkamers (twee enkelbeddens per kamer) en het 'n eksklusiewe voëlskuiling.

Letaba-ruskamp met sy kenmerkende hoë skaduryke bome is in die noordelike deel van die Krugerwildtuin op die oewers van die Letaba-rivier. Dit is 'n móét vir kampeerders. In die algemeen is die noordelike deel van die Krugerwildtuin nie so besig soos die suidelike deel nie. Dalk effe minder wild, maar groot rustigheid vir jou siel ...

Letaba is bekend vir die amper-mak bosbokke wat hulle tuiste in die kamp gemaak het sowel as die olifant-uitstalling. Hier kan mens meer leer oor hierdie grasieuse reuse met seker die interessantste deel alles oor die Manjifieke Sewe van Kruger. Van hulle rekordtande word daar uitgestal.



Letaba-ruskamp

Letaba is een van die beste kampe in Kruger as jy op soek is na 'n goed gevestigde groter kamp, maar met min verkeer. Die kamp het mooi, groot koeltebome met bosbokke wat rustig binne die kamp rondwei. 


bosbok.jpg DSC_2067_1578letaba.jpg DSC_2074_1508.jpg DSC_2081_1503.jpg DSC_2088_1496.jpg DSC_2090_1494.jpg DSC_2091_1493.jpg DSC_2157_1522.jpg DSC_2160_1519.jpg letaba.jpg letaba2.jpg

bosbok.jpg

Terug Terug na bo