Kampplekke

72 x tent- of karavaanstaanplekke met kragpunte. Gemeenskaplike ablusie- en kookgeriewe (24-uur kookwater, elektriese plaatstowe en opwasbakke). Braaigeriewe. Maksimum ses persone per staanplek.

3-Bed-eenhede
69 x 3-bed-eenhede, toegerus met 'n en-suite-badkamer (stort, geen bad) en lugversorging. Kombuise het plaatstowe en wasbakke en jy het 'n keuse van ’n eenheid met of sonder rondom-uitsig. (Bevestig asseblief tydens bespreking.)

Gesinseenhede
23 x 6-bed-eenhede (twee is toeganklik vir rolstoele) met twee kamers elk (een dubbelbed, twee enkelbeddens en twee stapelbeddens in die sitkamer) met aparte stort, toilet en bad. Eenhede toegerus met 'n oopplan-kombuis, eet/sitkamer en slaapkamers is toegerus met lugversorging.

Gastehuise
Groot luukse eenhede in die beste posisies in die kamp. Met goed toegeruste kombuise (met mikrogolfoonde), verskeie slaapkamers en badkamers. Ten volle lugversorg. Televisie met beperkte DSTV-kanale. J Le Roux-gastehuis: Slaap ses in drie slaapkamers (een dubbelbed, twee addisionele kamers met twee enkelbeddens elk) Rhino-gastehuis: Slaap agt in vier slaapkamers (twee dubbelbeddens, twee addisionele kamers met twee enkelbeddens elk).

Algemeen
Berg-en-Dal is een van die nuwe kampe en geleë in die suidwestelike deel van die Wildtuin. Soos die naam verklap, lê die kamp in ’n bergagtige omgewing. Witrenosters hang graag rondom Berg-en-Dal uit. Die kamp is mooi op die oewer van die Matjulu-spruit en is gerieflik naby aan die Malelane-ingangshek, ideaal vir 'n eerste aand in of laaste vir oulaas-aand voor jy huis toe gaan.

  

 

Bespreek akkommodasie by Berg en Dal Ruskamp in die Krugerwildtuin
 

Voltooi asseblief hierdie vorm indien u op soek is na akkomodasie in Berg en Dal Ruskamp van dei Kruger Nasionale Wildtuin

 
  Voltooi asseblief die velde hieronder:
     
  Naam en van:
  Telefoon:
  Adres:
  Selfoon:
  Faks:
  Epos:
  Aantal Volwassenes:
  Aantal Kinders:
  Ouderdom van Kinders:
  Aankoms datum:
  Vertrek datum:
     
  Alternatiewe kampe wat u sal oorweeg op dieselfde datum:
   
 
   
  Kommentaar, voorstelle of spesiale versoeke:
   
 
   
 


 
Terug Terug na bo