Krokodilbrug is een van die rustiger kampe in die suide van die Krugerwildtuin. Beskikbare Krokodilbrug-akkommodasie is:

Kampplekke
18 x tent- of karavaanstaanplekke met ’n kragpunt en braairoosters. Gemeenskaplike ablusie- en kookgeriewe (24-uur kookwater, elektriese plaatstowe en opwasbakke). Maksimum ses persone per staanplek.

Safari-tente
8 x 2-bed gemeubileerde seiltente (een toeganklik vir rolstoele) met stort, yskas, staanwaaier binne en klein houtstoepie. Gemeenskaplike ablusiegeriewe en kombuise.

Rondawels
20 x 2 of 3-bed eenhede, toegerus met en-suite badkamers (stort, geen bad) en lugversorging.

Kombuisies het plaatstowe en wasbakke. Twee eenhede is ten volle toeganklik vir rolstoele.

Krokodilbrug is een van menige ou besoekers se gunstelingkampe in die Krugerwildtuin. Krokodilbrug is klein met net 20 rondawels, 18 karavaan- of tentstaanplekke en agt safaritente. Wat die kamp verder ook gewild maak is dat dit op die grens van die Wildtuin is en dus later as ander kampe bereik kan word. Daar kan selfs gereël word om die kamp na sononder binne te gaan.

Soos die naam sê, die kamp is op die oewer van die Krokodilrivier geleë. ’n Mens kan ure teen die grensdraad spandeer en na olifante en buffels kyk wat rustig in die Krokodilrivier wei. Olifante kom gereeld tot teenaan die draad. Die gebied rondom Krokodilbrug is ook bekend vir renosters en luiperds.

Alternatiewe verblyf
Sou Krokodilbrug vol wees, is jou beste alternatief om te probeer blyplek kry by Elephant Walk Retreat wat net 50 meter van Krokodilbrug se ingangshek is. Hulle het standaard verblyf, asook luukse verblyf-opsies. As bonus het jy 'n lekker uitkyk oor die Krokodilrivier vanaf jou huisie. Daar is ook 'n baie lekker swembad om in af te koel in die warm somermaande.

Die swembad by Elephant Walk Retreat

Leeus wat 'n buffel jag afgeneem by
Elephant Walk Retreat

Olifant afgeneem vanaf een van die
huisies by Elephant Walk

Begeleide wildritte in suidelike Krugerwildtuin - Explore Kruger Safaris met Kerry Balaam. (Tydelik gestaak - probeer Private Kruger Safaris as alternatief.) Ervaar die Wildtuin in ’n spesiaal-ingerigte oop safari-voertuig met die ongelooflike kennis van ’n ervare FGASA-gids wat ’n hele wêreld voor jou oopmaak.

Gaste op 'n lekker wildrit saam met Explore Kruger Safaris Olifant wat stofbad geniet - Foto: Kerry Balaam, Explore Kruger Safaris Bateleur-arend - Foto Kerry Balaam,
Explore Kruger Safaris

 

 
Bespreek akkommodasie by Krokodilbrug Ruskamp
 

Voltooi asseblief hierdie Krokodilbrug-besprekingsgnavraagvorm indien jy hulp verlang met verblyfbesprekings by Krokodilbrug-ruskamp.

 
  Voltooi asseblief die velde hieronder:
     
  Naam en van:
  Epos:
  Telefoon:
  Selfoon:
  Adres:
  Aantal volwassenes:
  Aantal kinders:
  Aankomsdatum:
  Vertrekdatum:
     
  Laat asseblief kommentaar, vrae of meld spesifieke vereistes hier:
   
 
   
 


 
Terug Terug na bo