Akkommodasie in Satara:

Kampplekke
100 x tent- of karavaanstaanplekke met kragpunte. Gemeenskaplike ablusie- en kookgeriewe (24-uur kookwater, elektriese plaatstowe en opwasbakke). Maksimum ses persone per staanplek.

Rondawels  
75 x 2- of 3-bed-eenhede met gemeenskaplike kombuis. Elke rondawel het lugversorging asook ’n badkamer met stort, toilet en wasbak. 'n Beperkte aantal volledig toegeruste eetstelle (eetgerei, breekware, glase en pan) is te huur. Doen navraag by Ontvangs met jou aankoms.

57 x 2 of 3-bed eenhede met kombuisies. Rondawels het lugversorging asook ’n badkamer met stort, toilet en wasbak.

1 x luukse rondawel met 2 beddens en een slaapbank. Toegerus met en-suite-badkamer (stort, toilet en wasbak), kombuis en lugversorging. Die opelug-kombuis het 'n plaatstoof, mikrogolfoond en buitebraai. Daar is ’n ys/vrieskas-kombinasie, wasbak, kookgerei, breekware en eetgerei.

19 x 2 bed-rondawels teenaan die grensdraad. Jy het ’n mooi uitsig oor die veld en is weg van die lawaai wat jou toelaat om in jou bed te lê en luister na die klanke van die Wildtuin. Elke rondawel het ’n en-suite-badkamer met stort, toilet en wasbak, ’n opelug-kombuis met plaatstoof, ys/vrieskaskombinasie en is ten volle toegerus met kookgerei, breekware en eetgerei.

Gastehuisies
1 x 5-bed en 9 x 6-bed-eenhede met goedtoegeruste kombuise en twee slaapkamers met drie beddens elk (in die geval van die 6-bed-eenhede). Beide kamers het 'n badkamer en-suite (bad, toilet en wasbak). Die kombuis het 'n gasstoof (met oond), ys /vrieskaskombinasie, wasbak, kookgerei, breekware en eetgerei.

Gastehuise
Die gastehuise in Satara is groot, luukse eenhede wat uitstekend geleë is. Daar is goedtoegeruste kombuise (met mikrogolfoonde) en verskeie slaapkamers en badkamers. Televisie met beperkte DSTV-kanale word aangebied.
Wells: Slaap ses in drie slaapkamers (twee enkelbeddens in elke kamer)
Stanley: Slaap nege in drie slaapkamers (drie enkelbeddens in elke kamer)
Frankel: Slaap 10 in vyf slaapkamers (twee enkelbeddens in elke kamer)

Die leeuloop en ander dinge
Satara-omgewing is die beste leeuwêreld in die sentrale deel van die Krugerwildtuin. Dis omdat die veld goeie weiding vir sebras en blouwildebeeste bied wat op hul beurt weer prima leeukos is. Die veld is ook redelik oop en wild kan maklik(er) gesien word. Luiperds en jagluiperds is verder ook redelik volop in hierdie geweste.

Satara is die derde grootste kamp in die Wildtuin en buiten die leeuloop, is daar baie ander aktiwiteite:

  • Tradisionele danse
  • Bosbraaie
  • Oggend- en middagbosuitstappies
  • Dagbreek-, laatoggend-, sononder- en laatnagwildritte
  • Goeie dokumentêre natuurfilms
  • Die Sweni-voëlskuiling is ’n puik voëlkykplek.

 

 

Terug Terug na bo