Akkommodasie:

Akkommodasie in Skukuza-ruskamp sluit in luukse gastehuise, meer bekostigbare selfsorgrondawels, karavaanstaanplekke of kampplekke vir jou verblyf. Skukuza is weliswaar die grootste en besigste kamp in die Krugerwildtuin, maar gelukkig is daar 'n verskeidenheid van paaie om van te kies om vanaf Skukuza op wildritte te vertrek anders as ander kampe waar mens byvoorbeeld net noord of oos kan ry. Wildkyk rondom Skukuza is baie goed.

Kampplekke
80 x tent- of karavaanstaanplekke met kragpunte. Gemeenskaplike ablusie- en kookgeriewe (24-uur kookwater, elektriese plaatstowe en opwasbakke). Maksimum ses persone per staanplek.

Safari-tente
12 x 2-bed en 8 x 4-bed gemeubileerde seiltente op stelte, insluitende 'n yskas, staanwaaier en klein stoepie. Gemeenskaplike ablusiegeriewe en kombuise.

Rondawels
178 ronde enkelkamer Afrikastyl-eenhede met grasdakke, twee of drie beddens per eenheid, toegerus met ablusiegeriewe en-suite (meeste met storte, maar sommige met 'n bad). Sommige eenhede het lugversorging, ander het waaiers. Kombuisies wissel – sommige het plaatstofies en wasbakke; ander het net wasbakke, terwyl party nie een van die twee het nie. Eetgerei en breekware kan gehuur word vanaf ontvangs. Bevestig asseblief met bespreking.

Luukse rondawels
20 x eenslaapkamer-eenhede, met en suite-badkamers. Die eenhede het elk 'n dubbelbed, gehalte dekor, lugversorging en televisie met ’n paar DSTV-kanale. Daar is 'n keuse van luukse eenhede met rivier-uitsig en kombuis of semi-luukse eenhede sonder 'n rivier-uitsig en met gemeenskaplike kombuis. Rondawels langs die rivier het 'n meer moderne ontwerp met glasskuifdeure.

Gesinshuisie
Hierdie eenheid vorm deel van die Waterkant-gastehuiskompleks en staan bekend as Waterkant 2. Dit bied 'n goed toegeruste kombuis, vier slaapkamers, (twee enkelbeddens in elke kamer), 'n sitkamer, een badkamer en 'n rivier-uitsig.

Gastehuisies
15 x 4 of 6-bed eenhede met goedtoegeruste kombuise, slaapkamers en verskeie (gewoonlik meer as een) badkamers. Sommige het twee dubbelbeddens, dus moet voornemende besoekers aantal aparte slaapplekke benodig bevestig met die bespreking.

Gastehuise
Hierdie gastehuise is groot luukse eenhede in prima posisies, almal met 'n rivier-uitsig. Daar is goedtoegeruste kombuise (met mikrogolfoonde), verskeie slaapkamers en badkamers. Televisie met beperkte DSTV-kanale word aangebied.

Moni: Slaap agt in vier slaapkamers (twee enkelbeddens in elke kamer)

Nyathi: Slaap agt in vier slaapkamers (twee enkelbeddens in elke kamer)

Waterkant 1: Slaap agt in vier slaapkamers (twee enkelbeddens in elke kamer)

ABSA: Slaap 12 in ses slaapkamers (twee enkelbeddens in elke kamer)

Verblyf in Skukuza-ruskamp maak voorsiening vir 'n verskeidenheid vereistes en begrotings. Kies enigiets van 'n luukse gastehuis of meer bekostigbare selfsorgrondawels, karavaanstaanplek of kampplek vir jou verblyf in Skukuza.

Terug Terug na bo