Ngululu Selfsorg Huis Marloth park

Kliek hier om jou besigheid met ons te lys
Ngululu Selfsorg Huis Marloth park



Kontakbesonderhede

Kontak persoon
Wynand van Waardenburg
Selfoon Nommer
0832626504
Adres
3430 Klipspriner Straat Marloth park


Ngululu is 'n selfsorghuis in Marloth Park met 3 slaapkamers wat tot 6 mense kan slaap. Die huis word gereeld gediens en is netjies en gerieflik ingerig met sy eie swembadjie vir daardie warm somersdae. Diere soos Kudus kom eet soms selfs uit jou hand. maak asseblief net seker jy koop die regte kos vir hulle en voer hulle nie brood nie.

Besprekings isonderhewing aan 'n minimum bespreking van 3 nagte. Teen R750 per nag is dit beslis 'n baie bekostigbare opsie as in gedagte gehou word dat daar gerieflik tot 6 persone kan slaap.

Meer inligting is beskikbaar op hul webwerf of op hul Faceboek blad.

Hier is wat onlangse besoekers te sê gehad het oor Ngululu:

"Wil net baie dankie sê vir Wynand en Marelize dat ons die week in jul stukkie paradys in Marloth kon bly. Dit was ñ besonderse belewenis met al die mooi diere wat elke dag kom kuier het. Ek, my vrou en kinders het die tydjie daar baie geniet. Die huis is baie mooi ingerig en gerieflik. Sal enige tyd weer daar wil gaan kuier. Kan werklik met ñ geruste hart die plekkie aanbeveel vir enige iemand wat ñ blaaskans nodig het van die normale stads gejaag.
Sal later fotos plaas van al die diere en herinneringe.
Weereens baie dankie.
Groete
Louis, Annelize, Shanè en Bianca Taljaard.
— with Annelize Grobler Taljaard.

 








Terug Terug na bo