Die Noordelike deel van die Krugerwildtuin is die mees stilste area van die Krugerwildtuin maar nie die minste werd om te besoek nie. Nyalas is vollop langs die noordelike Limpopo river en ook met asembenewende bome wat al langs die Limpoporivier honderde jare reeds groei. Ook in die geskiedenis sal mens leer van interessante geskiedkundige plekke soos Crooks Corner waar Suid-Afrika grens met beide Mosambiek en Zimbabwe, in vergete dae menige smokkelaar of dief se gunsteling wegkom plek.

Die Noordelike Krugerwildtuin het die meeste Bosveld kampe soos Sirheni, Bateleur, Boulders, Shimuwini wat pas by de meer rustige atmosfeer wat tipies is van die Noordelike deel van die Krugerwildtuin. As dit nie rustig genoeg is nie is daar nog die uiters rustige Tsendze ruskamp wat uitsluitlik vir kampeerders geoormerk is met geen krag geriewe vir besoekers nie.

Shingwedzi is 'n ander juweel van die Noordelike deel van die Krugerwildtuin met baie gewilde roetes om te ry in 'n area wat groot hoeveelheid wild van 'n wye verskeidenheid bied.

Laer in die Noordelike deel van dei Krugerwildtuin kry mens die meer moderne en onlangste toevoeging tot die Krugerwildtuin se Hoo kampe naamlik Mopani ruskamp pragtig geleë teenaan 'n dam waar mens ure aaneen na die geluide van Seekoeie en Visarende kan luister.

Alternatiewe akkommodasie opsies buite die Krugerwildtuin is beperk tot die dorpies van Phalaborwa in die suide en Louis Trichardt (Machado) in die noorde. Dit is waarskynlik hierdie skaarsheid aan verblyf wat veroorsaak dat die noordelike deel van die Krugerwildtuin stiller is as beide die Suidelike en Sentrale deel van die Krugerwildtuin.

Die habitat is 'n paradys vir verskeie voël spesies wat slegs in hierdie area voorkom. Die Noordelike deel van die Krugerwildtuin is ook bekend vir skaarser boksoorte soos Eland, Bastergemsbok en Tsessebe nie dat die boksoorte enige plek in die wildtuin volop is nie.

 

 

 

Terug Terug na bo