Hierdie webwerf is 'n akkommodasie en algemene informasie webwerf oor die Kruger Nasionale Wildtuin in Afrikaans. Hier kan u lees oor die verskillende verblyfopsies en aktiwiteite in die amptelike kampe van die Kruger Nasionale Wildtuin wat bedryf word deur Sanparke sowel as alternatiewe privaat akkommodasie opsies naby en/of binne die Kruger Wildtuin. Ons doen nie besprekings nie maar stel die inligting beskikbaar op ons webwerf oor waar besprekings direk by die Parkeraad of eienaars van Gastehuise, Hotelle of Selfsorg Huisies gedoen kan word.

 

Suid Afrika is 'n land met 11 amptelike landstale maar tans is daar geen amptelike inligtingswebwerf in Afrikaans oor die Kruger Nasionale Wildtuin nie. (Ons is nie 'n amptelike webwerf van Sanparke of die Kruger Nasionale Wildtuin nie maar poog om sover moontlik 'n gratis inligtingsbron te wees in Afrikaans oor die Groter Kruger Nasionale Wildtuin.)

Inligting vir adverteerders

 

 

 

 



Terug Terug na bo