Thulamela bed en ontbyt

Kliek hier om jou besigheid met ons te lys
Thulamela bed en ontbyt



Kontakbesonderhede

Kontak persoon
Penny
Selfoon Nommer
0824548278


Thulamela is geleë slegs 15 kilometer vanaf die Phabeni en Numbi hek in Hazyview en is die ideal plek vir 'n romantiese wegbreek na die Krugerwildtuin.

Daar is 6, baie private houthuisies, toegerus met lugversorging en elkeen met sy eie private Jacuzzi.

Ontbyt word na jou gebring. Daar is wel 'n mini kombuis en ook private braaigeriewe

Thulamela se huisies is gebou van hout en elkeen is geleë in 'n baie private deel van die inheemse bos. Deeglike beplanning en aandag aan detail verseker dat u verblyf 'n onvergeetlike, lekker ervaring sal wees.

Kyk gerus na wat mense op Tripadvisor en Facebook vertel van Thulamela:

Tydens kragonderbrekings is daar kragopwekkers.

Slegs huisie no 1 het 'n bad en stort. Huisies 2-6 het slegs storte. Elkeen van die 6 lugversorgde houthuisies slaap twee persone elk. Al die huisies het 'n Jacuzzi op die stoep. Die Jacuzzi's is 4 sitplek, verhit en onderdak. Al die huisies het en-suite badkamers.


Al die huise het mini-kombuise met yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof en tee- en koffiemaakgeriewe.

Ontbyt: ons bring ontbyt na u en voorsien in alle dieetbehoeftes.

Privaat braai-area vir elke kothuis - ons kan braaigoed voorsien, bv. Gemarineerde biefstuk in olyfolie en verjuice, braaibroodjies, 'iets groen', slaaiblare en vrugte met 'n soet lekkerny vir nagereg, teen ekstra koste. - Houtskool en aanstekers is beskikbaar teen ekstra koste.

Mini-kroeg vir u eie rekening - gevul met mineraalwater, wyn (rooi, droog wit en semi-soet), brandewyn, whisky, gin, bier, ys, tonikum, koeldrank, coke, coke-light en vrugtesap.

Swembad.

 

Veilige parkeerplek snags .

Oordragte en safari's kan gereël word.

Spesiale geleenthede: ons sal graag u behoeftes probeer voorsien om spesiale geleenthede te fasiliteer, bv. huweliksherdenkings, verjaarsdae, afsprake, wittebrood.

Die Krugerwildtuin: 15 km van Thulamela is die Phabeni- en Numbi-hekke. (Krugerhek - 45 km.) - Ons is jammer, geen kinders onder die ouderdom van 16 jaar nie

 








Terug Terug na bo