Umbhaba Herberg

Kliek hier om jou besigheid met ons te lys
Umbhaba Herberg



Kontakbesonderhede

Selfoon Nommer
0614185192 (Noodgevalle / Kragonderbrekings)
Landlyn
+27(0)13 737-7636
Adres
R40 Hazyview
Pos Adres
Posbus 1677 Hazyview 1242
GPS
S 25’ 03” 47.1” E 31’ 07” 21.8”


Ubhaba Herberg in Hazyview is ideal vir vakansie verblyf naby die Krugerwildtuin, die ideal plek om te trou en bied selfs gerieflike konferensie fasiliteite vir klein groepe in Hazyview. Umbhaba Herberg is slegs 'n paar minute se ry vanaf die Phbeni ingangshek na die Krugerwildtuin wat dit die ideale alternatiewe akkommodasie opsie maak indien die wildtuin byvoorveel vol bespreek is of indien u na ure daar sou aankom.

Geniet 'n rustige rit deur die mooi dorpies van Dullstroom en Witrivier voordat u ontspan in die rustige omgewing van Umbhaba Herberg in Hazyview. Die rustigheid by die 30 kamer Umbhaba Herberg, saam met die afsondering van die Bosveld, is die ideale vertrekpunt vir uitstappies in die Kruger Nasionale Park, die indrukwekkende Blyderivier Canyon, God's Window en Bourke's Luck se maalgate. Die Kruger Nasionale Lughawe is ook slegs enkele minute hiervandaan. Die Umbhaba Herberglê op 'n heuwel met ‘n uitsig oor die Sabie Vallei op die rand van die Drakensberg-platorand.

AKKOMMODASIE

Die 30 Afrika-geïnspireerde kamers is smaakvol versier en die temperatuur word beheer vir jou gerief. Die kamers is omring deur water fokuspunte en welige subtropiese tuine. Die ruim familie kamers het 'n koninggrootte bed en twee driekwartbeddens en verskaf 'n wonderlike geleentheid vir families wat di tgeniet om saam te reis. ‘n Private stoep en balkonne bied 'n welkome geleentheid vir ontspanning met 'n skemerkelkie, terwyl die oorvloed van voëls en diere na 'n dag van wildbesigtiging heerlik ervaar kan word.

GESINSKAMERS

Tien luukse gesinkamers is onlangs opgeknap om ruim akkommodasie vir gesinne of konferensiegangers te voorsien. Hierdie kamers spog met koning grootte beddens en twee driekwart beddens, badkamers met granietblaaie en groot ovaal baddens, ruim storte en private stoepies.

TUSKER KAMERS

 

Die Tusker kamers weerspieël die geskiedenis van die grootse en indrukwekkende olifante wat in die Kruger Nasionale Park deur die jare gevind is. Met ‘n versonke hoek bad en private stoep, is die kamers omring deur die klanke van die omliggende water fokuspunte.

 

AFRIKA STAM LUUKSE KAMERS

Die Afrika Stam kamers is ruim met ‘n aparte sitkamer en slaapkamers, 'n kaggel aan weerskante, vier groot beddens, en suite-badkamers, twee storte en versonke baddens sowel as ‘n venster wat ‘n uitsig bied  oor die dam bied.

INDOENA WITTEBROOD KAMER

Die Indoenakamer, voltallig oor drie vlakke bestaanuit 'n en suite-badkamer, mini kroeg en groot Spa bad. Die private stoep bied 'n welkome geleentheid vir ontspanning met 'n skemerkelkie, terwyl die  oorvloed van voëls en diere na 'n dag van wildbesigtiging heerlik ervaar kan word.

Foto bo: Ons rots swembad is ideaal vir die warm somer maande

Fotos bo: Hierdie fotos verduidelik waarom Umbhaba in Hazyview so 'n gewilde bestemming is vir 'n troue.

Foto bo: Umbhaba se voëlskuiling

Foto bo: Klein konferensie saal

Sluit by Umbhaba Lodge aan op Faceboek

 








Terug Terug na bo