Nuusbrief/Blog


2015-11-22
Luiperd byt vrou dood in Wildtuin


My blog inskrywing van 20 November oor Luiperds kort 'n regstelling.

Daar was 'n meer onlangse voorval van 'n vrou wat dodgebyt is deur 'n Luiperd in die Krugerwildtuin.

Die voorval het eintlik gebeur in die Groter Krugerwildtuin area by Siyafunda Boskamp in die Hoedspruit omgewing.

Die grensdrade tussen die Krugerwildtuin en private grondgebiede na die weste het in daardie areas geval in belang van Natuurbewaring.

Ek onthou jare terug het ek en my gade die Balule naturreservaat besoek, pas na die heinig geval het. Ons klein Uno het vasgeval ongeveer 6-7 kilometer van ons oornag huisie. Daar was nie ander karre nie en nie sprake van selfone nie. Dink nie ons het toe 'n selfoon besit nie? Ons moes maar met die pad terug stap en oppad terug het ons 'n Kameelperd van baie naby beskou. Basies het ons ongewapen 7-8 kilometer in die Wildtuin gestap. Wat mens nie doen as jy jonk is nie!

Ons simpatie aan die oorledene se familie.

Lees die volledige artikel hier : op die laevelder se webblad. 

 

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 5 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo