Nuusbrief/Blog


2015-11-21
Krugerwildtuin op Faceboek


Hierdie webwerf , Die Krugerwildtuin (In Afrikaans) het ook sy eie Faceboek blad wat gevind kan word op die volgende skakel http:www.facebook.com/krugerwildtuin .

Daar is egter ander plekke op die gewilde Sosiale Media Platform waar lekker saamgesels kan word.

Hier is 'n paar van die mees gewilde Faceboek Groepe waar die tema handel oor die Krugerwildtuin:

Kruger National Park - Best place on earth

Camps and Roads of Kruger

Kruger National Park - The Ecology and Science of Managing the Kruger National Park

Kruger National Park History

Sanparks- Kruger National Park

Daar is 'n verskil tussen 'n Faceboek groep en 'n Faceboek blad. Faceboek groepe is meer geskik vir nie-winsgewende organisasies terwyl Faceboek blaaie meer geskik is vir besighede. Ons webwerf word wel as 'n besigheid bedryf en dus is die Faceboek blad geskik.

Ons is egter self lid van hierdie ander Faceboek groepe waar ons al lekker kon saamgesels en ontspan. Ons kan ook navorsing doen vir ons webwerf.

Daar is seker nog ander Faceboek groepe wat handel oor die Krugerwildtuin maar die doel van hierdie blog inskrywing is nie om elke moontlike groep of bladsy te lys nie.

'n Sterk tema van ons webwerf handel oor verblyf opsies binne sowel as buite die Krugerwildtuin waar die blyplekke buite die Krugerwildtuin die adverteerders is wie ons in staat stel om op 'n voltydse basis verder aan hierdie webwerf te werk. Die Krugerwildtuin is 'n baie groot plek en die groter aanliggende dorpe en streke wat ons noodgedwonge uit die kies van ons tema ook moet dek. Ons werk met die ontwikkeling van die webwerf sal seker nooit voltooid wees nie.

Ons glo ons webwerf sal 'n nuttige bron wees veral vir mense wie sukkel om blyplek binne die Krugerwildtuin te bekom. Vir jong families is dit dikwels onbekostigbaar om tydens die hele besoek aan die Krugerwildtuin binne in die park te woon veral as daar vir 'n langer periode vakansie gehou wil word.

Waar inligting tans op 'n Faceboek blad of groep vinnig wegsyfer soos die reën kan mens op 'n webwerf jou inligting netjieser organiseer sodat dit mettertyd 'n nuttige inligtingsbron kan wees.

'n Mens kan byvoorbeeld op Faceboek adverteer deur jou blad te promoveer aan spesifieke teiken gehore. Ons sal dit beslis in die toekoms oorweeg veral as ons,ons webwerf in die Nederlandse, Belgiese en Vlaamse mark wil toets. Faceboek advertensies laat mens toe om spesifieke groepe te teiken met jou advertensies.

Soos enige ander besigheid sal ons ook Google Advertensies oorweeg. Dis finansiële besluite wat geneem moet word op grond van die moontlike bruto wins indien 'n doelwit soos 'n bespreking bereik word.

Ons wil egter nie ons gebruikers te veel bombardeer met advertensies op hierdie webblad nie en ons webwerf sal oorwegend ontspannend van aard wees en beslis nie flitsende advertensies insluit nie.

Hierdie Faceboek groepe word bestuur deur admins wat seker maak dat die gesprekke en inligting gedeel op die onderskeie onderwerpe bly fokus. Dit is baie irriterend as Faceboek groepe met advertensies bombardeer word.

Hier is nog 'n Faceboek bladsy wat deur 'n jong skoolseun met 'n Applikasie ontwikkel is en later oorgegaan het na 'n webwerf en 'n besigheid:

Latest Sightings Kruger

'n Verskil tussen 'n bladsy en 'n groep tans is dat mens 'n venstertjie van jou Faceboek bladsy bine in jou webwerf kan plaas soos ons hieronder sal doen. 'n Mens doen dit met "Faceboek Plugins." Jammer maar 'n Afrikaanse woord is nog nie daarvoor uitgedink nie. Die tegnologie in ons moderne virtuele wêreld verander en ontwikkel te vinnig en dit is hoekom ek in hierdie blog inskrywing die woord "tans" redelik ruim gebruik, juis om voorsiening te maak vir toekomstige veranderings. Die tegnologie of vermoë om byvoorbeeld 'n Faceboek groep of bladsy beter te kan organiseer soos met 'n webwerf bestaan baie waarskynlik reeds. Dit is waarskynlik die motivering wat ontbreek aangesien daar voortdurend gewerk word aan maniere om 'n hoër opbrengs te verdien op hierdie platforms wat ons vandag as vanselfsprekend, selfs as 'n basiese reg aanvaar. Dit is nie so nie. Faceboek is geleende grond waar jy dalk ploeg terwyl 'n webwerf jou eie grond is.

Hier is 'n paar Facebook Plugins van bladsye wat die moeite werd is om by aan te sluit:

 

 

 


Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 1 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo