Nuusbrief/Blog


2015-11-24
Beste om binne of buite die Wildtuin te bly?


Is dit beter om tydens jou vakansie in die Krugerwildtuin binne of buite die Krugerwildtuin te bly? Die vraag is eintlik maar vir die meeste van ons met jong gesinne eintlik 'n doodeenvoudige vraag oor die beskostigbaarheid van akkommodasie. Ons woon byvoorbeeld in Kaapstad en net die koset om na die Krugerwildtuin te reis reeds 'n kopseer. Vir ons is dit beslis lekkerder om binne die Krugerwildtuin in een van die kampe te oornag maar ongelukkig vir ons met twee jong kinders, en nou weer 'n baba, is dit nie altyd bekostigbaar om binne die Wildtuin oor te bly nie.

Ons kan byvoorbeeld 'n huisie in marlothpark huur vanaf R600 / R750 per nag wat ons gesin kan huisves. Marlothpark is op sy eie 'n baie spesiale ervaring wanneer mens die Krugerwildtuin besoek. 'n Mens is maar slegs 17 Kilometer van Krododilbrug hek. Dan kan mens ook selfs binne in Marloth Park wild sien of langs die draad (grens met Krugerwildtuin) vir ure gaan stap of bergfiets ry. Jy kan ook met jou piekniek mandjie langs die heining sit en na die wild binne in die Krugerwildtuin kyk. 

Die dagbesoekers fooie is 'n onkoste wat mens in ag moet neem wanneer jy as dagbesoker die Krugerwildtuin wil besoek. Alle gereelde besoekers aan die Krugerwildtuin of een van ons ander Nasionale parke moet oorweeg om 'n Wild Card aan te koop om sodoende nie dagbesoekers fooie te betaal nie. Dagbesokes word verbied om enige alkohol die Park binne te bring of by een van die winkels binne die Park te koop. Vir vakansie gangers kan dit n probleem wees want dei Krugerwildtuin is nie goedkoop as dit kom by die drankies wat te koop aangebied word by ruskampe se restaurante nie.

Ons beplan nou reeds aan ons besoek aan die Krugerwildtuin gedurende die Junie / Julie skoolvakansie van 2016.

Die skole sluit die 24ste Junie en open weer die 18de Julie. Gunstelingkampe soos Onder Sabie is tien teen een reeds vol bespreek maar mens moet in gedagte hou dat mense wel kanseleer fo dat hul besprekings gekanseleer word weens nie betaling van vereiste depositos. As jy dus in jou gunsteling kamp wil oornag dan is dit moontlik om dalk later op die nippertjie 'n bespreking te verkry as gevolg van 'n kansellasie.

Ons is een van daai gesinne - grootliks my skuld - wat eintlik altyd met 'n oornag tassie in die kar moet ry want tydens my laaste besoek aan die Krugerwildtuin , het wat eitnlik 'n dagbesoek moes wees, skielik in 'n oornag besoek verander toe ek uitvind daar is vir ons plek by Onder Sabie. Skielik moes ons tandeborsels en tadepasta koop en so bietjie waspoeier vir die onderklere wat sommer in die wasbak gewas moes word. Die kinders was buite huleself van opgewondenheid om een aand binne die Krugerwildtuin te kan slaap. (Ons eintlike basis was in Marloth Park tydens daardie vakansie.)

Daar is mense soos ons wat in Kaapstad woon en slegs een of twee maal in hul lewe die voorreg sal kry om die Krugerwildtuin te besoek. Juis dan kan dit moeilik wees om plek te bespreek in die Krugerwildtuin vir die volle duur van jou voorgenome vakansie in die Krugerwildtuin.

Ons het vandag ons eerste kliekbare kaart gemaak wat dit vir mense makliker sal maak om 'n kombinasie van verblyfsopsies binne sowel as buite die Krugerwildtuin te kan oorweeg.

 

Sabie AkkommodasieHazyview AkkommodasieMalelane AkkommodasieMarloth Park AkkommodasieMarloth Park AkkommodasieKrokodilbrug en Komatipoort AkkommodasieSkukuza Akkommodasie en InligtingPretoriuskop Akkommodasie BesprekingsKrokodilbrug Inligting en akkommodasieBerg en Dal Ruskamp Akkommodasie en besprekingsOnder Sabie Kamp AkkommodasieBiyamithi Verblyf en BesprekingsNelspruit AkkommodasieImage HTML map generator

Foto bo: Kliekbare Kaart van die Suidelike Krugerwildtuin . Hierdie kaart is vinnig aanmekaar gesit en ons hoop om die tyd te vind om 'n beter werk van dit te kan doen maar vir 'n paar ure se werk is hierdie 'n goeie begin. Ons hoop voornemende besoekers aan dei Krugerwildtuin vind dit 'n nuttige hulpmiddel wanneer dit kom by die beplanning van jou vakansie in die Krugerwildtuin.

Die Krugerwildtuin is amper so groot soos die staat van Israel. Hierdie webwerf is nogal 'n omvattende projek wat nog baie tyd in beslag gaan neem. Maar wie gee om om so hard te werk aan 'n projek wat handel oor die Krugerwildtuin? Ons sal so spoedig moontlik die Sentrale en Noordelike dele van Kruger ook op so kliekbare kaart beskikbaar te stel vir die spesifieke doel van mense wie hul vakansie na die Krugerwildtuin wil doen met 'n mengsel van verblyf binne sowel as buite die Krugerwildtuin.

Daar is ander "voordele van om buite die Krugerwildtuin te bly soos dat jy jou eie swembad kan hê en ook fasiliteite soos DSTV as dit vir jou belangrik is. Kampeer binne die Wildtuin is ook 'n goeie opsie om te oorweeg as die begroting beperk is maar vir mense met byvoorbeeld 'n klein baba is dit dalk 'n huwelik se doodswens.

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 4 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo