Nuusbrief/Blog


2015-11-20
Bromvoël van die Krugerwildtuin


Daar is min voëls so interessant soos die Bromvoëls wat mens raakloop in die Krugerwildtuin. (Bucorvus leadbeateri (Southern ground-Hornbill) 

Die ikoniese voël van die Krugerwildtuin is gelys as kwesbaar en moes weer hervestig word in die park.

Hulle is kwesbaar as gevolg van habitatvernietiging en vervolging in Suider-Afrika.

Hulle word aktief nagevors en gemonitor in die Krugerwildtuin. daar is ook projekte waar die orbodige tweede of derde kuiken deur mense met die hand grootgemaak word.

Hulle beweeg en leef in groepe wat wissel in grootte van 2-11 voëls. Hulle is koöperatiewe telers en die dominante paar word bygestaan deur beide ander volwassenes en jeugdiges in die verdediging van die grondgebied. Navorsing toon dat hierdie voëls eers 6 jaar lank moet helpers wees voordat hulle self suksesvolle broeiers sal wees.

Hulle lê tussen 1-3 eiers. Hulle is meestal vleisetend maar sal ook sade eet wanneer dit beskikbaar is.

Hulle vlieg goed en wit vlugvere. Soos mens kan sien het hulle  pragtige blou oë met ongelooflike mooi oog wimpers.

Die Suid Afrikaanse getalle van Bromvoëls word geraam op tussen 1500 en 2000.

‘n Ongelooflike feit is dat hierdie voëls tot 70 jaar oud kan word in gevangeniskap.

In die Suider Afrikaanse Afrika kulture was die Bromvoël ‘n simbool van die begin van die reën seisoen en dus was die doodmaak van hierdie voëls op neergekyk. Die modernisering van Afrika, droogte en oorlog het die feite ongelukkig verander.

 

Fotos en inligting verskaf deur www.absolutebirdingtours.com , spesialis voël toer operateurs van die Krugerwildtuin en Suidelike Afrika.

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 5 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo