Nuusbrief/Blog


2015-11-15
Krugerwildtuin Webwerf geskiedenis


Die Krugerwildtuin webwerf in Afrikaans is nog lank nie naby aan voltooid nie. Die webwerf sal ook nooit werklik voltooid wees nie. Ek deel graag hoe ek besluit het om met hierdie webwerf te begin en wat my politieke standpunt hieroor is. Ongelukkig blyk dit moet Afrikaners hulself regverdig as hul iets in hul eie taal wil doen.

Hier is so bietjie geskiedenis van hierdie webwerf in Afrikaans oor die Krugerwildtuin. Die webwerf is aanvanklik slegs as 'n stokperdie bedryf toe ek, Francois Marais, my beroep van rekenmeester na webwerf ontwerper begin verander het. Van rekenmeester na webwerf ontwerper? Toe ek my graad aan Unisa in 1997 voltooi het het die maatskappy Google nog nie eens bestaan nie. (Ek kon my graad aan Unisa in Afrikaans voltooi.) Ek het rekeningkundige studeer en nie letterkunde nie wil ek eerstens stel; so daar sal taal en spelfoute wees op hierdie webwerf. Ek luister graag na kritiek en sal ooglopende foute regmaak. Hierdie webwerf het sy oorsprong daarin om vir my plesier te verskaf en dit sal so bly alhoewel die webwerf ook kommersieël ontwikkel word.

Foto bo: Louis Marais GR (SA) , Charl Marais, Francois Marais (Skrywer) en Eduard Marais GR(SA) .

Hierdie foto moet baie naby aan 40 jaar oud wees en is geneem by die daardie welbekende rots waar mens mag uitklim op eie risiko en nader beweeg. Noord van Satara op pad na Tshokwane. Glo my dat ek op hierdie foto baie bang was maar dat my pa LB Marais GR(SA) baie lief vir fotografie was en ook betrokke by die ontwikkeling van AFO ! (Afrikaanse Fotografiese Organisasie) . Volgens die webwerf is die organisasie deesdae eintlik 'n klub. Skakel na artikel oor die ontstaan en geskiedenis van AFO. waar ek met trots kan lees dat my oorlede pa nou betrokke was by AFO.

Ek kan nie nou die spesifieke rots onthou nie maar weet wel dat daar nou die dag 'n mooi foto op Faceboek verskyn het van swartwitpense by hierdie rots en ek onthou ook een jaar dat daar 'n mooi foto verskyn het in Custos van 'n wit Leeu mannetjie by hierdie selfde rots.

Nou hoekom die verwysing na CA (SA)? Die titel is die afkorting vir Geoktrooieerde Rekenmeesters Suid-Afrika. Barrie Marais is nog een van my broers wie daardie titel mag dra.

Ek spog seker maar net so bietjie oor my geskiedenis en familie of miskien is ek dalk op soeke na erkenning vir die Afrikaners en hul bydrae tot ons land se ekonomie en veral ook tot die totstandkoming van die Krugerwildtuin.

Dit blyk dat Afrikaans so pas finaal geval het by die Universiteit van Stellenbosch.

Politici weet al lankal dat taal 'n magtige instrument kan wees en die vaders van die Afrikaanse taal, mense soos Gustav Preller, Eugene Marais het ons taal behoorlik gevestig in die jare na die afloop van die Anglo Boere Oorlog. Afrikaans is een van die jongste tale in die wêreld.

Hoekom word hierdie taal nou gemarginaliseer en verwyder as voertale op Universiteit? 

Waar Afrikaans die minderheidstaal is, is sekerlik die meerderheid van die plaaslike besoekers aan die Krugerwildtuin Afrikaans magtig.

Foto bo: Marais broers en moeder wyle Dythea Marais.

EK KEN 'N TAAL NOG JONK EN FRIS,

AFRIKAANS MY TAAL,MY ERFENIS

Ek onthou my moeder het so plakaat op die  stoepkamer venster geplak. DIe stoep het ook gedien as ontvangs van besoekers aan wie sy vakansie verhurings gedoen het. Miskien wou sy 'n politieke standpunt maak?

In die politiek kan na my verwys word as 'n draadsitter. Alhoewel ek hierdie webwerf in Afrikaans bedryf is ek nie betrokke by aktiewe politiekery nie en beslis nie verregse politiekery nie. Dog hoop ek om 'n standpunt te maak en om te help dat Afrikaans as taal in Suid-Afrika behoue bly.

Daar is wel diegene wie die Afrikaner se bydrae tot ons land en die Krugerwildtuin graag sal wil sien verdwyn. Die geskiedenis word maklik gou vergeet. Wie wil onthou van 26,000 vroue en kinders vermoor in konsentrasie kampe? Die boerevolk moes verpletter en verneder gewees het.

Ek hoop die webwerf is 'n reuse sukses. Ek sien dat dit maklik is om die faceboek blad te laat groei so dalk is dit gepas om so bietjie te begin met die geskiedenis van die webwerf maar soos altyd wanneer ek 'n storie vertel, moet ek eers 'n lang draai gaan stap.

Die talent om te kan skryf is iets wat ek van my skepper ontvang het.

In 'n familie omring deur Geoktrooieerde Rekenmeesters het ek self ook eers daardie pad gestap. Ek het ongelukkig net my graad en klerkskap voltooi en kan ek nie daardie titel dra nie. Dit maak nie saak nie want my lewe is baie meer vervullend deur my Godgegewe talente te gebruik en my passies in die lewe te volg.

Die Krugerwildtuin is een van daardie passies in my lewe. Dit is waar ek menige gelukkige skool vakansies as kind deurgebring het en so is dit vir baie ander Suid Afrikaners. Deesdae is dit ook so van toepassing vir alle Suid-Afrikaners van alle rasse en dit is beter so. Daar is 'n deel van die Afrikaner se geskiedenis waarop hy nie trots kan wees nie. Mens moet wonder hoe sou Suid-Afrika uitgesien het as daar nie 26,000 vroue en kinders vermoor is in die Anglo boereoorlog nie?

Dit klink nou lekker patrioties hierdie lang inleiding. Ek self was al in Suid Afrika aan die verkeerde kant van rassisme as dit kom by werksaansoeke en as dit kom hoe mens in die werksplek behandel word. Daarom dan is die eertydse rekenmeester nou 'n webwerf ontwerper en aspirant skrywer. Hierdie webwerf is ook nou in proses om as besigheid bedryf te word. Ek bedryf 'n soortgelyke webwerf in Kaapstad met die domein naam www.simonstad.co.za , 'n Afrikaanse Virtuele Toerisme Buro oor Simonstad in Afrikaans. Lekker man lekker! Ek geniet hierdie projekte nogal baie en ontmoet in die loop van die bedryf van die webwerwe baie mense, mense wie dalk in elk geval ook 'n webwerf nodig het. Ek kan Brits ook nogal lekker gooi. Sien gerus my webwerf , www.buddywebdesign.co.za wat ek meesal in Engels bedryf.

Al my webwerwe kry verkeer deur soekenjins so ek weet daar is beslis 'n mark vir Afrikaans op die internet. Daar is nie 'n makliker manier om marknavorsing te doen as om 'n webwerf te skep en te bedryf nie want die soekresulate is die aanduiding dat daar wel so 'n behoefte bestaan.

Na Google in 1998 tot stand gekom het, het ons ook met sosiale media soos Faceboek te doene gekry. Al werk ek in die Internet omgewing kan ek nie self bybly by al die ander sosiale platforms nie.

Wat ek wel weet is dat ek hierdie webwerf moet ontwikkel na 'n top inligtingswebwerf oor die Krugerwildtuin en omgewing. Die webwerf fokus eerstens hoofsaaklik oor verblyf opsies binne sowel as buite die Krugerwildtuin. Wie weet nie watter pyn dit kan wees om bekostigbare verblyf te vind tydens vakansies binne, sowel as buite die Krugerwildtuin nie? Deur jaarlikse advertensie fooie te vra stel dit my in staat om die webwerf te ontwikkel en ek hoop om die webwerf voltyds te kan ontwikkel met die hulp van gas skrywers en ander bydraers. Daarom ook is dit nodig vir my om hierdie stukkie oor die geskiedenis van hierdie webwerf te plaas.

Hierdie webwerf en die Faceboek groep wat die webwerf ondersteun is nie 'n poging om verregse politiek te bedryf nie. Ek is lief vir alle mense van alle rasse. Die taal ding is nie vir my 'n ras ding nie! Moet my asseblief nie daarvan beskuldig nie en moet my ook nie nader met sulke versoeke nie.

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
Ann Jeftha
2016-03-08 14:06:30  
Ek moet "n taak doen oor die Kruger Nasionale Park en wil hoor of U my kan help, asseblief?  
 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 4 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo