Boulders, in die noorde tussen Letaba en Mopani is een van die mees unieke blyplekke in die Krugerwildtuin. Dié kamp, met blyplek vir 12 mense word as ’n geheel bespreek. Vandaar die term “privaat”. Al die eenhede in die kamp is op pale gebou en daarom is daar nie eens ’n grensdraad om Boulders nie. Dus al is daar net 11 ander mense om jou, is daar dalk heelwat meer olifante en ander wildtuinbewoners ook in die omtes.  

Slaapplekke:
Alle kamers het en-suite badkamers. Sonpanele voorsien gedeeltelike krag. Die hoof slaap-eenheid het twee slaapkamers met en-suite badkamers (een met 'n bad, die ander met 'n stort). Daar is ook vier aparte rondawels met badkamers (bad en stort).

Leefarea:
Die leefarea het 'n ten volle toegeruste kombuis, eetkamer, kroeg, sitkamer, braaiplek en uitkykdek. Die kombuis het 'n gasstoof met oond, yskas, vrieskas, eetgerei en breekware. Daar is ook braaigeereedskap.

Boulders word bestuur vanaf Mopani en het geen ontvangs of winkel nie.

Terug Terug na bo