Besprekings binne die Krugerwildtuin

Ongelukkig kan ons nie meer help met besprekings binne die Krugerwildtuin nie. Skakel die Parkeraad direk op 012 4289111 of bespreek op die volgende skakel:

https://www.sanparks.org/parks/kruger/tourism/availability.php





Biyamiti is die mees suidelike bosveldkamp geleë tussen Malelane en Krokodilbrug tussen reusagtige jakkalsbessies en wildevyebome. Dis ’n besonderse boveldkamp met ongelooflike atmosfeer. Stil en wild. Lekker.

Daar is die volgende akkommodasie:

10 x 2-slaapkamer-eenhede. Albei slaapkamers het dakwaaiers; een het drie enkelbeddens en die ander twee. Een slaapkamer het 'n en suite-badkamer (bad, toilet en wasbak) en daar is ook 'n aparte toilet, stort en wasbak. Die kombuis het 'n gasstoof (met oond), ys/vrieskas, opwasbak, kookgerei, breekware en eetgerei. 'n Oop stoep dien as sit/eetkamer.

5 x 1-slaapkamer eenhede. Daar is twee enkelbeddens en 'n dakwaaier. In die sitkamer is daar twee bankbeddens en ’n dakwaaier. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak en verbindingsdeure na die slaap- en sitkamer. Etes kan op die oop stoep geniet word. Die kombuis het 'n elektriese tweeplaatstoof (sonder oond), wasbak, ys/vrieskas, kookgerei, breekware en eetgerei.

 

Terug Terug na bo