Besprekings binne die Krugerwildtuin

Ongelukkig kan ons nie meer help met besprekings binne die Krugerwildtuin nie. Skakel die Parkeraad direk op 012 4289111 of bespreek op die volgende skakel:

https://www.sanparks.org/parks/kruger/tourism/availability.php





Die safaritente in Tamboti is selfsorg, maar word daagliks skoongemaak. Daar is ’n keuse tussen semi-luukse riviertente of die meer bekostigbare twee- of vierbedtente wat self ook uitkyk oor die rivier.  Die rustigheid, harmonie en stilte van Tamboti maak hierdie klein blyplekkie baie besonders. Tamnboti word bestuur vanuit Orpen.

Safaritente sluit in:
Een slaapkamer met twee enkelbeddens, gemeenskaplike ablusie en kombuis. Waaier en yskas, maar geen eetgerei.

Een slaapkamer met twee enkelbeddens, gemeenskaplike ablusie en kombuis. Waaier en yskas, maar geen eetgerei. Rolstoelvriendelik.

Een slaapkamer met vier enkelbeddens, gemeenskaplike ablusie en kombuis. Waaier en yskas, maar geen eetgerei.

Een slaapkamer met vier enkelbeddens, gemeenskaplike ablusie en kombuis. Waaier en yskas, maar geen eetgerei. Rolstoelvriendelik.

Een dubbelbed. Waaier, yskas en plaatstoof. Enkel slaapbank, opwasbak. Eetgerei, stort en toilet.

Een dubbelbed. Waaier, yskas en plaatstoof.  Enkel slaapbank, opwasbak. Eetgerei, stort en toilet. Rolstoelvriendelik.  

Terug Terug na bo