Tsendze, geleë sowat sewe kilometer suid van Mopani,  is 'n kamp in die ware sin van die woord. Dis ’n kamp-kamp, want daar is nie rondawels nie. Net die mooiste kampplekke vir tente of karavane. Tsendze bied ’n ongelooflike goeie bos-ervaring met 30 x tent- of karavaanstaanplekke onder die skadu’s van die mopanies, hardekole en appelblare. Hierdie is die bosveld op sy beste. G’n kragpunte nie, maar elke staanplek het sy eie braaiplek. Daar is gemeenskaplike ablusie- en kookgeriewe. Maksimum ses persone per staanplek. Een varswaterkraan gedeel deur elke drie plekke. Met bespreking kan gaste spesifieke kampplekke (onderhewig aan beskikbaarheid) bespreek. Tsendze het nie sy eie ontvangs nie, maar word bestuur vanaf Mopani. Kuiergaste word dus gevra om by Mopani in te klok, ten minste een uur voor die hekke by Tsendze sluit (kyk Hektye).

Terug Terug na bo