Bateleur is die oudste en kleinste van al die bosveldkampe en kry volpunte vir sy unieke bos-atmosfeer. Die pad soontoe loop dood in die kamp (lees min verkeer; min geraas). Geleë op die oewer van die Mashokwespruit sowat 40 km suidwes van Shingwedzi in die pragtige noordelike mopanie-grasvlak van die Kruger het dit 'n unieke atmosfeer en uitstekende wildkykgeleenthede, onder andere ook die majestueuse Bateleur-arend (of berggans). Daar’s ’n wildskuiling wat uitkyk op 'n watergat net buite die kamp en twee damme, Silwervis en Rooibosrand, naby aan die kamp, gereserveer net vir die inwoners van Bateleur. Tesame met al die wild in die omgewing, natuurlik ...

Akkommodasie in Bateleur:

Gastehuisies
3 x 6-bed-huisies en 4 x 4-bed-huisies, ten volle toegerus. Slaapkamers het meesal en suite-badkamers en elkeen is lugversorg of het 'n plafonwaaier. Kombuise is ten volle toegerus en het mikrogolfoonde. Alle wooneenhede word daagliks gediens en met beddegoed, handdoeke en seep voorsien. Elke huisie het sy eie braaiplek en hout is te koop by die mini-winkel by Ontvangs. Elke eenheid het sy eie elektrisiteitpunte en TV met SABC 1, 2, 3 en eTV-kanale. Bateleur-bosveldkamp is die beste toegerus van al die bosveldkampe in die Krugerwildtuin en perfek vir gaste op soek na 'n luukse bosveld-ervaring.

Inligtingsvideo oor Bateleur-boskamp:

 

Video oor Berghaan:

Terug Terug na bo