For all official information and updates regarding Covid-19 visit the South African Department of Health website at www.SAcoronavirus.co.za or their WhatsApp line on 0600-123456. If you want your own WhatsApp Chatbot visit www.whatskonnekt.com


Rondawels
Daar is 100 twee- of driebed-rondawels, almal en-suite (meeste met storte, sommige met baddens). Elke rondawel het lugreëling, party het kombuisies terwyl ander van gemeenskaplike kombuise gebruik maak. Rondawels met ’n rondomuitsig van  die Wildtuin kan versoek word tydens bespreking.

Daar is ook twee vierbed-eenhede met twee badkamers toegerus (een en-suite), lugreëling, sit/eetkamer, groot stoep en buitebraai. Opelug kombuise met plaatstowe, ’n vries/yskas, wasbak, kook- en eetgerei en breekware. Eenhede is weereens beskikbaar met of sonder uitsig van die park en die rivier self. Laat weet wat is jou voorkeur tydens bespreking.

Gastehuise
Twee gastehuise bied groot luukse eenhede in die heel beste liggings van die kamp. Albei het skitterende rivieruitsigte met ’n aantal uitkykplekke. Kombuise is ten volle toegerus – met mikrogolf-oonde – en eenhede het verskeie slaap- en badkamers asook telvisies met beperkte DSTV-kanale. Nshawu- en Lebombo-gastehuise het elk plek vir agt mense in vier slaapkamers.

Terug Terug na bo