Besprekings binne die Krugerwildtuin

Ongelukkig kan ons nie meer help met besprekings binne die Krugerwildtuin nie. Skakel die Parkeraad direk op 012 4289111 of bespreek op die volgende skakel:

https://www.sanparks.org/parks/kruger/tourism/availability.php


Die webwerf www.krugerwildtuin.co.za is 'n projek van Buddy Web Design . 

Soos met enige ander media besigheid word advertensie inkomste bepaal op grond van die sirkulasie syfers of in die geval van 'n webwerf op grond van die getal besoekers wat die webwerf besoek.

Veral Afrikaansprekende Suid-Afrikaners is lief vir die Krugerwildtuin en daarom die behoefte en gedagte aan 'n webwerf in Afrikaans oor die Krugerwildtuin.

Daar is gelentheid vir mense om vir ons adverteerders te werf wie op hierdie webwerf kan adverteer. Dit is nou gastehuise, oorde en lodges buite die Krugerwildtuin.

Jou take:

'n Area sal vir 'n proeftydperk aan jou alleen toegeken word. Identifiseer moontlike adverteerders op hierdie webwerf. Kontak daardie instansies en vra of hulle vir R890 per jaar 'n advertensie op hierdie webwerf wil hê. Indien die instansies belang stel moet jy hulle behulpsaam wees om te lys.

Dit word hier gedoen.

http://www.krugerwildtuin.co.za/wbusiness.php?page=businessForm

Ons sal saam met jou een of twee proefnemings doen sodat jy weet hoe om die besighede te lys.

Spesiale vaardighede vereis

Jy moet een of twee paragrawe van die besigheid in Afrikaans kan vertaal. Kliënte is verantwoordelik om self hul volledige teks te verskaf. Dit is makliker om 'n advertensie te verkoop indien kliënte eers 'n pro forma advertensie kan sien. Om in 'n area te begin gaan ons 'n paar besighede verniet lys.Wanneer daardie afdelings vol begin raak gaan ons van die verniet advertensies begin verwyder. Besighede wat betaal kry die boonste advertensie spasies. Dit is nodig dat jy basiese foto redigeringsprogramme soos Photoscape of Microsoft Office Picture Manager kan gebruik om fotos se grootes reg te maak.

Kommissie

Om kommissie te verdien moet jy eers 3 besighede gelys het en moet jy 'n minimum van een nuwe besigheid per maand lys. Indien jy 50 besighede gelys het sal ons die reëling verslap. Die werk kan vanaf enige plek in Suid-Afrika gedoen word.

Ons betaal 50% van die maandelikse of jaarlikse subskripsie voor die 7de van die maand wat volg op die eerste maand wat betaling ontvang is. Dit is om te veseker daar is nie debietorders wat teruggestuur is nie. Daar word R2,50 per debietorder verhaal vir maandelikse betalers.

Die kommisie word verdien vir solank as wat jy in staat is om die kliënte wie jy werf behulpsaam te wees met redelike navrae en versoeke. Jy kan dus 'n semi-passiewe herhalende inkomste vir jouself opbou.

Ons betaal ook R1,000 vir 'n verwysingsfooi vir mense wie webwerwe by ons neem. Kliënte wie webwerwe neem betaal R150 per maand en kwalifiseer outomaties vir 'n gratis plasing op hierdie webwerf.

Ons betaal R40 per maand op die webwerwe aan ons verkoopsagente.

 

Terug Terug na bo