Hier is 'n paar dokumente wat 'n oud werknemer van Sanparke huis toe geneem het toe daar opdrag gegee is dat die dokumente weggegooi word! Wat 'n absolute tragedie! Ek het 'n paar van die dokumente laat skandeer maar ongelukkig nie alles nie. Dit is so dat mens moet aanbeweeg maar hierdie stukkies geskiedenis is kosbaar. Daar is dalk ook getekende afskrifte wat iewers versteek is. Wat maak mens as jou werkgewer vir jou opdrag gee om goed te vernietig? Jy neem dit dan seker maar huis toe. Ek hoop die dokumente kom terug in die publieke domein waar dit hoort as 'n bate vir die nageslagte. Die Krugerwildtuin behoort aan ons almal en ons kan onsself nie losmaak van ons geskiedenis nie. Ons sal pogings aanwend om die persoon/(e) wie hierdie dokumente tans besit, wat waarskynlik baie waardevol is, te ooreed om afskrifte /skanderings publiek bekend te maak en te deel met almal. As die oorspronklikes aan 'n publieke of private versamelaar verkoop wil word sal ons selfs bereid wees om daarmee te help. Die geskiedenis word altyd in latere jare oorgeskryf. Hierdie dokumente is egter die geskiedenis van die vroeë onstaan en bestuur van die Krugerwildtuin. Enige persoon wat meer weet van hierdie dokumente tree asseblief met ons in verbinding.









Terug Terug na bo