Die Sentrale deel van die Krugerwildtuin is so bietjie minder besig as die Suidelike Krugerwildtuin met hoogtepunte soos Satara waar jy 'n goeie kans staan om baie leeus te sien. Die S100 vanaf Satara is sekerlik een van die beste roetes om te ry. Dan is daar natuurlik Olifantskap wat bekend is vir sy uitsonderlike uitsig vanaf die restautant area (en as jy kan probeer om'n eenheid te bespreek met 'n uitsig oor die Olifantsrivier). Verder is daar die rustige Balule bosveld kamp naby Oilfants om te oorweeg. Letaba is menige besoeker aan die Krugerwildtuin se gunsteling kamp met sy kenmerkende skaduryke bome, welige grasperke waar mak bosbokkies rustig wei.Ander geheime juwele is die Roodewal Privaat kamp wat 'n unieke privaat akkommodasie ervaring bied of ook Orpen ruskamp met sy stoute ratels en dammetjie waar menige Wildehond of Leeu al besoekers aan die kamp kom verras het. 

Vir die wie 'n rustiger akkommodasie opsie soek is daar ook Talamati bosveld kamp of Tambotie tentkamp of die Maroela karavaan en tent kamp.

Die hekke wat na die sentrale deel van die Krugerwildtuin lei is Phalaborwa en Orpen.

Die areas of dorpies buite die sentrale deel van die Krugerwildtuin wat as alternatiewe akkommodasie opsie oorwege kan word is die Klaserie gebied, Phalaborwa of Hoedspruit.

Terug Terug na bo