Die Malelane-hek, net buite die dorp Malelane, is 'n baie gewilde ingangshek vir besoekers aan die Nasionale Krugerwildtuin. Die dorpie Malelane is op die N4 tolpad geleë wat al die pad Mosambiek toe loop.  Die N4 is sekerlik die veiligste en maklikste roete om die Krugerwildtuin vanaf Pretoria en Johannesburg en die res van Gauteng te bereik en daarom 'n gunstelingroete na die Krugerwildtuin.

Malelane-dorp word omring deur groot suikerrietplantasies. Die wêreldbekende Leopard Creek-gholfbaan is naby geleë op die oewers van die Krokodilrivier. Leopard Creek bied jaarliks 'n baie groot internasionale gholftoernooi aan wat groot name lok.

Leopard Creek spog verder met van die omgewing se luukste blyplekke, maar vir gewone deursnee Suid-Afrikaners is daar wel heelwat bekostigbare verblyf-opsies in die omtes soos die baie gerieflike www.paradisecreek.co.za  en vele ander in Malelane net buite die Krugerwildtuin.

Terug Terug na bo