Mhlati Gaste Huisies

Kliek hier om jou besigheid met ons te lys
Mhlati Gaste Huisies



Kontakbesonderhede

Kontak persoon
Janet of Eric
Selfoon Nommer
+27 (0) 84 622 1600
Landlyn
+27 (0) 13 790 3436
Adres
Tambotie Straat 206 Suikermeule dorpie Malelane
Pos Adres
Posbus 1282 Malelane 1320



Meer oor ons:
 
Laat die stres van die stad lewe agter en kom ontspan in die rustige en vreedsame omgewing van die private, afgesonderde dorpie Mhlatikop 'n paar kilometer buite die dorp Malelane - Tuiste van die Groot Vyf en suikerriet gebied.
 
Ons gaste het ‘n keuse van vyf gemaklike kamers:
 
Die “Elephant Cottage” met twee enkelbeddens met aparte leef area waar kinders of ‘n derde persoon kan oornag op ‘n groot dubbel slaapbank. Die kamer is ook uitgerus met ‘n klein kombuisie met ‘n mikrogolf, twee plaat stoof, wasbak en yskas, lugversorging, televisie met geselekteerde DSTV kanale, koffie en tee stasie, dak waaier en muskiet net.

Die “Leopard Cottage” wat twee gaste kan huisves is uitgerus met  lugversorging, televisie met geselekteerde DSTV kanale, koffie en tee stasie, dak waaier en muskiet net.

Alternatiewelik is daar ook die “Robin Room”, ‘n aangename twee enkelbed kamer met en-suite badkamer uitgerus met ‘n stort.

Die “Kingfisher Room” is ook uitgerus met twee enkelbeddens met ‘n private badkamer en aparte stort, lugversorging, tee en koffie stasie en DTSV.


Die “Buffalo Cottage”is geleë in die pragtige, skaduryke tuin met maklike toegang tot die swembad en lapa. Die kamer is uitgerus met twee enkelbeddens en ‘n en-suite badkamer.
 
Alle kamers maak oop met skuifdeure op die dek met toegang tot die sprankelende sout water swembad en die rustige, subtropiese tuin. Al ons kamers word daagliks gediens. Ons bedien ‘n hartlike en gesonde ontbyt in die lapa. Ons het ook braai-geriewe met ‘n kombuis vir die braai geesdriftiges. Daar is ook genoegsame en veilige parkering.

Skakel na tariewe en direkte besprekings navrae








Terug Terug na bo